HESSEQUA NUUS - Die skooltjie het onlangs sy Mej. Vondeling Senior en Mej. Vondeling Junior gekies.
Die manne was ook ingetrek en 'n Mnr. Spiere is gekies. Mej. Vondeling Senior is Emmerencia Hefske, haar eerste prinses is Chrizelda Roberts en die tweede prinses is Joanne Kleynhans. Mej. Vondeling Junior is Shadoney Plaatjies, haar eerste prinses is Shameel Pieterse en die tweede prinses is Calmary Oktober.
Mnr. Spiere is Auswill Morris, met Jaqwin Davids as die eerste prins en die tweede prins is Ruwayne Boezak.
Van links is Jaqwin Davids, Auswill Morris en Ruwayne Boezak.
Van links is Chrizelda Roberts, Emmerencia Hefske en Joanne Kleynhans.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'