MELKHOUTFONTEIN NUUS - Badisa het Vrydagaand, 16 Junie, 'n pragtige talentkompetisie voor 'n vol gemeenskapsaal in Melkhoutfontein gehou.
Dit was 'n Jeugdagviering in samewerking met Stilbaai-polisie, Melkhoutfontein-buurtwag, Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum en Hessequa-munisipaliteit.
Daar was geen tekort aan talent nie en in die danskompetisie het die deelnemers met van die mees innoverende danspassies vorendag gekom wat Melkhoutfontein in 'n baie lang tyd gesien het.
Dit is afgewissel met pragtige sangitems en die selfvertroue van daardie jong kinders om op te tree voor 'n vol saal met jillende ondersteuners was ongelooflik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’