STILBAAI NUUS - 'n 47-Jarige voetganger is Vrydagmiddag 30 Augustus noodlottig op die Stilbaai-brug beseer.
Volgens ao. Morné d'Emiljo van die plaaslike polisie is Victor Khati ongeveer 16:34 dood na 'n vragmotor wat dakkappe vervoer het, hom vermoedelik getref het. Hoewel op sosiale media bespiegel word dat hy deur die oorhangende kappe raakgestamp is, word die omstandighede rondom die voorval nog ondersoek en 'n klag van strafbare manslag is volgens D'Emiljo aanhangig gemaak.
Khati was 'n bekende hawelose persoon in die dorp.
Enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes kan konst. Erasmus van die plaaslike speurtak by 028 754 6100 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'