Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Die Palinggat Museum op dié kusdorp is reeds wêreldwyd bekend, veral as gevolg van die palings in die fontein wat daagliks gevoer word en waar besoekers geleentheid kry om dit self te doen.
Tydens die Heritage Fees op 23 September was die museum behoorlik oorstroom met besoekers wat wou sien hoe die palings gevoer word.
Die bestuurder van Stilbaai Toerisme, Hannatjie Ferguson, het ook meer vertel van die palings se lewenssiklus en die rede hoekom hulle bly terugkeer.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'