RIVERSDAL NUUS - Die VLV van Riversdal het Saterdagoggend 30 Julie 'n handwerkgeleentheid by Enya's-koffiewinkel vir sy lede en ander gaste aangebied.
Dis bekwame SWD VLV-lid Trienie Barnard van Sedgefield het die vroue, onder andere, in die fynere kunsies van spikkelverf (dot paint) touwys gemaak.
Dit was omtrent 'n miernes van bedrywighede om die handwerktafel en die kreatiewe skeppings deur die groep vroue, vir wie dié soort skeppende kuns 'n nuutjie was, het vir groot opgewondenheid gesorg.
Die kreatiwiteit het gevloei en pragtige klein kunswerkies is opgetower.
Ná afloop van die handwerkoggend het die vroue hul kunswerke ten toon gestel en daarna heerlik saam gekuier.
Vroue wat belangstel om by die VLV betrokke te raak kan gerus met die Riversdal VLV-lede kontak maak.
Isabel Cronje met haar spikkelverfkunswerk wat sy opgetower het.
Lede van Riversdal se VLV wat die skeppende handwerkoggend bygewoon het. Agter, van links is Annatjie Kruger, Trienie Barnard (VLV SWD-bestuurslid), Lannice (gasvrou van Enya's), Amanda du Plessis en Marlene Dippenaar. Voor: Isabel Cronje, Gay Duminy en Yolanda Prinsloo. Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'