STILBAAI NUUS - Die vakansiegangers, kommersiële- en sportvissermanne van Stilbaai moes behoorlik druk en stoot om Vrydagoggend 20 Desember hulle bote in die water te kry.
Van 05:00 af het hulle hawe toe gestroom en een na die ander is hulle vort see toe met die hoop dat hulle vandag daai kabeljoue gaan pakgee.
Daar is 'n gemoedelikheid onder die vissermanne en daar word dik stukke gepraat totdat net die boot sleepwaens die hawe vol staan en dan op met die pad in die rigting van Morrispunt vir die laatkommers.
Die meer ervare vissermanne is ook altyd byderhand met raad en wenke, maar soms is dit goed om eers jou kwota te kry voordat jy sê waar om te gaan soek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’