RIVERSDAL NUUS - Help ons om 'n permanente huis vir hierdie diere te vind deur die Community Animal Rescue Society (Cars) te kontak.
Cars is 'n geregistreerde, vrywilliger-gedrewe niewinsgewende organisasie en 'n geregistreerde Openbare Weldoenersorganisasie (OWO) in Riversdal.
Hulle kan vir jou 'n sertifikaat uitreik vir jou skenking vir belastingdoeleindes.
Die organisasie help met die herplasing van diere en fasiliteer sterilisering en inentings in die minderbevoorregte gebiede van Riversdal, Heidelberg, Stilbaai, Albertinia, Gouritsmond en Slangrivier.
'n Aansoekvorm en huisbesoek word gedoen, asook 'n aannemingsfooi wat die eerste inenting en sterilisasie dek.
Vir meer inligting kontak Sandra Lotz by 082 962 1831.
Nina is 'n pragtige tefie met 'n sagte, liefdevolle geaardheid. Sy het 'n wonderlike persoonlikheid en kom uitstekend oor die weg met mense én ander diere. Nina is op soek na 'n liefdevolle, permanente tuiste waar sy deel van die gesin kan wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’