STILBAAI NUUS - Die Just Wheels Ou Kar groep van Stilbaai speel Saterdag 17 Mei gasheer vir tussen 40 en 50 ou en veteraan motors.
Hulle kom van die Kaap, Kimberley, Mosselbaai en George en gaan tussen 09:00 en 12:00 te siene wees by Lappiesbaai se parkeerterrein.
Die manne en vroue gaan ontbyt eet by Lappiesbaai waarna hulle die Groenewald trekkermuseum by Putstop besoek en hulle sluit hulle kuier af met 'n proesessie by Inverroche.
Bring jou kamera en kom gesels met die manne en vroue, want hulle is gretig om jou alles te vertel van hulle motors.
Vir enige navrae kan Johan Beetge gekontak word by 083 725 3790.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’