STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-sakekamer bied op 27 Augustus om 10:00 'n werksessie oor die bestuur van kontantvloei in die Jagersbosch Waenhuis aan.
Dr. Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van 'n bekende ouditeursfirma in George en voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut sal dit aanbied.
Die onderwerpe wat bespreek sal word is winsgewendheid, likiditeit en solvensie van 'n besigheid.
Toegang is gratis vir lede van die sakekamer en R150 vir nie-lede. Bevestig bywoning voor 20 Augustus by rachel@stilbaaisakekamer.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'