STILBAAI NUUS - Elzette Stahl, Marilize Michaels en 'n kollega het Saterdag 30 November die heerlike weer benut en drie inwoners van Huis Stilbaai met hulle rolstoele afgestoot tot by die hawe.
Trudie Cilliers, Wynand Hattingh en Henry Ferreira was die gelukkiges om so bederf te word.
Die wat Stilbaai ken sal weet dat dit nogal 'n entjie oor moeilike terrein is en daardie dunwiel rolstoele het dit gladnie maklik gemaak nie.
Elzette sê dat hulle dit doen sodat die inwoners bietjie vars lug kry en ook vir 'n verandering van omgewing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’