Update
RIVERSDAL NUUS - Die twee kinders van Riversdal wat sedert Maandag 13 Julie vermis was, is Dinsdagaand, 14 Julie, veilig gevind en met hul ouers herenig.
Volgens die mediaverteenwoordiger van die Riversdal-polisie, sers. Christiaan Jansen, is Lubanzie en Adelay Tieties Dinsdagaand in Houtbaai gevind.
Die kinders is Maandag omstreeks 11:00 laas by hul woning gesien, waarna die polisie en die gemeenskap ’n dringende beroep op die publiek gedoen het om met die soektog te help.
Volgens die aanvanklike inligting het die twee glo ’n familielid se bankkaart gebruik om ’n aankoop by Debonairs Pizza te doen voordat hulle spoorloos verdwyn het.
Die Riversdal-polisie het hul waardering uitgespreek teenoor almal wat die inligting gedeel en gehelp het om die kinders veilig op te spoor.
Vorige artikel:
Polisie en gemeenskap soek steeds na twee vermiste kinders
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’