RIVERSDAL NUUS - Die polisie en die gemeenskap doen ’n dringende beroep op die publiek om te help met die opsporing van twee kinders wat sedert Maandag 13 Julie vermis word.
Volgens beskikbare inligting is Lubanzie en Adelay Tieties laas omstreeks 11:00 by hul woning gesien.
Daar word verder beweer dat die twee ’n familielid se bankkaart gebruik het om ’n aankoop by Debonairs Pizza te maak.
Sedertdien is daar geen verdere inligting oor waar hulle is nie.
Enigiemand wat die kinders gesien het of oor enige inligting beskik wat kan help om hulle op te spoor, word versoek om dringend die naaste polisiestasie of die Riversdal-polisie by 028 713 8500 te kontak.
Die polisie versoek die publiek om hierdie inligting wyd te versprei in die hoop dat die kinders veilig opgespoor kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’