RIVERSDAL NUUS - ‘n Veldbrand het kort tevore langs die N2 by die Riversdal-ingang uitgebreek.
Digte rook hang oor dele van die snelweg, en motoriste word versoek om stadig te ry en uiterste versigtigheid aan die dag te lê.
Brandweer- en noodpersoneel is reeds op die toneel en werk onverpoos om die vuur te blus en verdere skade te beperk.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Video: Juan-Mare Conradie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’