Gallery
HEIDELBERG NUUS - Vandale het Woensdagaand 7 April weer by die Diepkloof Jeugsentrum in Heidelberg toegeslaan waar hulle twee ruite verwyder en nog ’n paar ruite stukkend geslaan het.
Hulle kon egter nie die veiligheidshek en vensterreëlings oopkry nie en het met die twee ruite weggekom.
Die kwaaddoeners plunder die sentrum gereeld en die advertensiebord spring ook nie vry nie.
Ao Alroy Windvogel, plaaslike polisiekommunikasiebeampte het 'n dringende beroep gedoen op enigiemand wat weet wie vir die plundery verantwoordelik is, om die polisie in kennis te stel (028 722 1910 of tolvry by 10111).
Fotogalery: Vandale teiken Diepkloof Jeugsentrum
Die advertensiebord spring ook nie vry nie.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heideberg, Hessequa nuus'