Update
RIVERSDAL NUUS - Een van Riversdal se oudste historiese geboue, die Ou Tronk, se pilare is Vrydagaand, 10 Maart, deur kwaaddoeners beskadig.
Die oorspronklike deel is in 1838 gebou en in 1860 het die staat die gebou gekoop en dit in 'n tronk omskep.
Die Malherbe-gesin het die gebou gekoop en dit in 'n bekende besoekerspunt in Riversdal omskep.
Alhoewel die buitemure later gebou is en nie deel is van die historiese gebou nie, is die skade nog steeds daar en onnodig.
Volgens Louise Malherbe, eienaar van die Ou Tronk, weet hulle wie dit is en vertrou dat die speurders die ondersoek so gou moontlik sal afhandel.
"Hulle het 'n swak plek gekry en die eerste pilaar afgeslaan waarna die res deurgeloop het. Al die pilare is met drade aan mekaar verbind, daarom die groot impak."
Daar is reeds planne vir herstelwerk wat binnekort sal begin.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'