STILBAAI NUUSFLITS - ‘n 39-Jarige bruin man het vanoggend in die rivier by Lapskuit verdrink.
Nigel Francis van Riversdal was op ‘n kerkuitstappie saam met gemeentelede toe hy en nog ander besluit het om deur die rivier na die oorkant te swem.
Hy het blykbaar benoud geraak en het omgedraai, maar kon nie betyds by die wal kom nie.
Die plaaslike NSRI Stasie 31 is om 10:00 uitgeroep na die toneel, maar dit was reeds te laat.
Ambulansdienste en die Forensiese Patalogiese dienste was ook daar.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'