STILBAAI NUUS - Seagulls het Saterdag 19 Julie onoorwonne teruggekeer vanaf Riversdal toe hulle Riversdal Rugbyklub op hulle tuisveld gaan pakgee het.
Die feit dat hulle nie vir die Top-agt liga kwalifiseer het nie maak van hulle 'n gevaarlike span en hulle gaan alles in die stryd werp om goed te presteer in die Uitdaagbeker die volgende paar weke.
Die eerstespan was rustyd 29-18 voor en het uiteindelik gewen met 37-30, terwyl die tweedespan 'n weghol oorwinning behaal het met 50-0. Hulle was rustyd alreeds 29-0 voor. Die derdespan se rustyd telling was 0-0, maar hulle het na rustyd lewe gekry en met 26-0 gewen.
Saterdag 26 Julie kom kuier Sedgefield se Eagle Stars vir hulle in Melkhoutfontein en die getroue ondersteuners kan hulle maar klaarmaak vir goeie rugby.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’