SLANGRIVIER NUUS - Twee middeljarige vroue is Maandagoggend, 11 Maart, ernstig beseer toe hulle deur 'n bakkie omgery is.
Die twee vroue, onderskeidelik 55 en 57 jaar oud, is op die Port Beaufort-pad van agter af omgery terwyl hulle na die bushalte gestap het op pad werk toe. Hulle is met veelvuldige beserings per ambulans na die Riversdal-hospitaal geneem.
Die 55-jarige Jakoba Rossouw is per lugambulans na George-hospitaal oorgeplaas en word in die intensiewe eenheid vir ernstige bekken- en spinale beserings behandel.
Die 57-jarige Katrina Phillips is Maandagmiddag uit die Riversdal-hospitaal ontslaan met beserings aan albei haar bene.
Die polisie het die 54-jarige bestuurder van die wit Toyota-bakkie op aanklag van roekeloos en nalatige bestuur in hegtenis geneem en vir bloedtoetse na Riversdal-hospitaal geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’