HESSEQUA NUUS - Hessequa-gesondheidsdienste het op 31 Julie vanjaar van twee gesondheidswerkers, susters Magda Schaap en Roelda Ackhurst afskeid geneem.
Schaap was die skolegesondheidssuster vanaf 2012 en Ackhurst was sedert 2005 by die ARV-kliniek.
"Ons gaan beide van hulle baie mis. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om hulle te bedank vir al die jare se diens en opofferings. Ons wens julle alle voorspoed toe," het Elizabeth Braaf, primêre gesondheidsorgbestuurder gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'