RIVERSDAL NUUS - Daar was pas ’n botsing tussen twee bakkies op die N2 Riversdal-ingang.
Nooddienste is op die toneel en die betrokkenes word behandel.
Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
Die N2 is tydelik aan die een kant in die rigting van Stilbaai gesluit terwyl opruimingswerk voortduur.
Motoriste word versoek om geduldig te wees, aangesien vertragings verwag kan word.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bevestig nie.
Ondersoek word ingestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’