RIVERSDAL NUUS - Riversdal-tuinbouklub, munisipale werkers, asook al die rolspelers wat betrokke was by die uitleg van die pragtige tuin by die munisipaliteit en waaroor Suid-Kaap Forum op 17 September berig het, is vir hul harde werk en insette met 'n sertifikaat beloon.
Die geleentheid het op Donderdag, 29 September in die ouditorium plaasgevind.
Na die oorhandiging wat deur die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles behartig is, het almal na buite gegaan waar Essie Fourie, wat betrokke by die tuinuitleg was, die gaste deur die tuin geneem en verduidelik waarom dit juis so uitgelê is. Jan Fourie van die tuinbouklub het dit ontwerp.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'