Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Matla a Bana en Xtreme for Kids Cycle Tour het weer vanjaar van Johannesburg tot in die Kaap vir bewusmaking teen kinderverkragting, -molestering en -mishandeling getoer.
Vyf fietryers trap fiets van Johannesburg en stop by verskeie skole op hul roete.
Hulle het Donderdag 7 Maart by Voorwaarts Primêre skool in Riversdal ’n opvoedkundige opvoering gehou.
Verlede jaar was dit Oker Primêre skool op Albertinia se beurt.
Die hoofdoel is om kinders van die verskillende gevare en vorme wat mishandeling en molestering aanneem, bewus te maak.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'