Ek sê 'probeer', want ek is seker daar was darem so 'n klompie mense wat dit óf vermoed het, óf die berig met aandag deurgelees en gesnap het dat daar 'n slang in die gras is. Ons het met opset so 'n paar onwaarskynlikhede ingewerk, waarvan die 'byline' al klaar hond se gedagte moes gegee het, want Suid-Kaap Forum se redaksie skryf nie 'n berig nie - ons noem die joernaliste se name!
Baie dankie aan Archie van Dyke (uittredende voorsitter: Stilbaai Sakekamer), asook rdl Emor Nel wat saamgespeel het. Hopelik het ons nie ons lesers té kwaad gemaak nie en het julle saam met ons gelag.
Ons sê maar net... Redaksie.