RIVERSDAL NUUS - André Tieman van Riversdal is Woensdag 11 Desember tot 10 jaar gevangenisstraf vir handeldryf in tik gevonnis.
Hy is op 8 Maart 2018 in hegtenis geneem en was twee jaar lank verhoorafwagtend. Hy moet dus nog agt jaar agter tralies bly.
“’n Dwelmsmous is soos ’n dier wat uitgesit moet word en die hof moet die gemeenskap van so iemand verlos,” het die staatsaanklaer gesê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'