HESSEQUA NUUS - Essie Esterhuysen (92) van Riversdal is op 25 Desember 1925 gebore en sterf op 13 Mei.
Sy lewe het deurgaans getuig van geloof en integriteit. Waar ook al hy homself bevind het, het hy 'n impak gemaak.
Hy laat sy vrou Gerrie, hulle was 69 jaar getroud, sowel as agt kinders, 17 kleinkinders en agt agterkleinkinders agter.
Esterhuysen verhuis na Riversdal in 1959 waar hy bestuurder van Riversdal Handelshuis is. Na 30 jaar diens tree hy in 1989 af. In hierdie periode was die Handelshuis 'n konstant groeiende, volhoubare besigheid, wat werk verskaf het aan 240 gesinne van die omgewing.
Sy betrokkenheid in die gemeenskap sluit die volgende in: Die bestuur en voorsitter van verskeie kultuurorganisasies, 25 jaar skoolraad, 30 jaar skoolkomitee, 30 jaar bestuur van rapportryers, voorsitter van federasie van plattelandse houthandelaars, plaaslike verteenwoordiger van kleinsake ontwikkelingskorporasie, bestuurskomitee van tehuise vir bejaardes, stigter en koördineerder van arbeidsbediening, lid van munisipale waardasiekomitee en self dekades verantwoordelik vir NG Moedergemeente se finale jaar katkisante.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'