STILBAAI NUUS - Die Hessequa-kunsroete bied weer hul jaarlikse kunstentoonstelling by die pragtige Privelistea in Stilbaai aan.
Meer as 40 kunstenaars van die Hessequa-streek - Witsand, Heidelberg, Riversdal, Albertinia, Gouritsmond, Melkhoutfontein, Stilbaai en Jongensfontein - neem deel aan die tentoonstelling.
Die openingsaand is op 20 Desember om 18:30 en gaan 'n heerlike aand wees van kuns, wyn, kos en musiek.
Die kaartjies is beskikbaar teen R50 per persoon.
Vir enige navrae of meer inligting bel Anita by 082 929 0166.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'