STILBAAI NUUSFLITS - Een van die dorp se oud-inwoners, Japie van Schalkwyk is Saterdagoggend 28 Oktober vroeg in sy slaap oorlede.
Hy was bevoorreg om Stilbaai te sien ontwikkel van sy ossewajare tot vandag en kon die wonderlikste stories uit die verlede vertel.
Japie was 'n harde werker en 'n buitelug mens met merkwaardige kennis en respek vir die natuur rondom hom.
Hy is in 1930 op die plaas gebore en het sy hele lewe op die plaas Yzendyk gebly, waar hy en sy vrou, Phillie later geboer het.
Hy het tot op die ouderdom van 84 jaar voltyds geboer.
Vir die laaste drie jaar van sy lewe is hy in Huis Stilbaai versorg.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'