HESSEQUA NUUS - Beplan jy om die skottelgoed vir mamma te was of bossies uit te trek?
Dit is nou jou kans om vir almal te wys hoe jy mamma of jou vrou vir Moedersdag bederf het. Laat iemand 'n foto van jou neem terwyl jy met jou spesiale 'bederfdaad' besig is. Gebruik inisiatief en wees kreatief met jou foto.
Sê vir ons waarom jy daardie spesifieke daad gekies het. Jy kan selfs 'n foto van mamma en die geskenkie, kaartjie, maaltyd wat jy vir haar voorberei het neem.
Indien jy haar na 'n spesiale plek gaan neem, sal selfs dit 'n ideale fotogeleentheid wees.
Neem haar daar af en vertel vir ons waarom jy haar juis daarheen geneem het.
Dit is belangrik om jou naam, van en ouderdom by te sit. Stuur ook mamma se naam en van en verduidelik hoe en waarom jy haar bederf het.
Jou foto en inligting kan dalk net in die Suid-Kaap Forum of op ons webtuiste by www.suidkaapforum.com verskyn.
E-pos jou foto en inligting na san-marie@groupeditors.co.za, bring dit na ons kantoor in Heidelberg 29, Riversdal (vra vir San-Marié Cronjé) of WhatsApp dit na 082 927 3403.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'