TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens doen ‘n beroep op skenkers om in groot getalle by bloeddiensklinieke aan te meld om bloed te skenk.
“Ons het veral in die O-groep ‘n groot tekort,” sê Arlecia November, bemarkingsbeampte.
Volgens haar is hul teiken 15 000 eenhede vir die hele Suid-Kaap, maar het hulle dit nog nie naastenby bereik nie en is daar nie meer baie klinieke vir vanjaar oor nie.
Gereelde skenkers word vooraf daaraan herinner deur middel van ‘n SMS, e-pos of telefoonoproep.
Die volgende bloedskenk-klinieke in die Hessequa streek is soos volg
- Heidelberg: 22 November in die gemeenskapsaal vanaf 12:00 - 17:30;
- Albertinia: 30 November in die gemeenskapsaal vanaf 14:00 - 18:00;
- Riversdal: 9 Desember in die Thusong-sentrum vanaf 14:00 - 18:45.
Die volgende bloedskenk-klinieke in die Mosselbaai streek is soos volg
- Fraaiuitsig: 18 Oktober by die Pick n Pay-sentrum vanaf 14:00 - 18:00
- Mosselbaai Mall: 19 Oktober vanaf 12:00 - 18:00
- Bayview-sentrum: 20 Oktober vanaf 11:00 - 15:00
- Hartenbos Seefront: 25 Oktober in die Dolfynsaal vanaf 10:00 - 15:00
- Danabaai: 26 Oktober by die Caltex Vulstasie vanaf 12:00 - 17:00
- Langeberg Mall: 28 Oktober vanaf 10:00 - 15:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
Skenkers by die Thusong-sentrum op Riversdal. Foto's: Henry Snyman
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'