STILBAAI NUUS - Elke twee maande kom 'n groepie inwoners van Stilbaai bymekaar vir ‘n uitsonderlike ete.
Dié slag was dit op Donderdag, 3 Junie – en die ete? Ja, dis die pens en pootjies, harsings en tong van 'n skaap, keurig deur die kombuispersoneel (Feedem) van Huis Stilbaai voorberei wat hierdie opwinding veroorsaak.
Stilbaai Afvalgilde is met 'n vergadering op 4 Oktober 2007 in die ontspanningsaal van Huis Stilbaai gestig.
Die gilde gebruik die aansluitingsfooi, jaarlikse lede- en etegeld om die kostes te dek en skenk dan jaarliks die meeste van die oortollige geld aan Huis Stilbaai, aangesien hulle kombuis gebruik word vir die voorbereiding van die voedsel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'