STILBAAI NUUS - ’n Reusepatat wat kompleet lyk asof dit are het wat wil bars het in André Nell se groentetuin te voorskyn gekom.
Dié knewel van ’n patat weeg 2.94 kg.
Nell het op ’n grappige wyse gesê dat dit lyk of die patat aan hoë bloeddruk ly.
Hy het afgetree en besluit om op sy plaas, Papkuilsvlei met groente te boer. Hy sê dat jy genoeg aandag, water en bemesting vir die patats moet gee om hulle goed te laat uitsit.
Hierdie soort patat word bosbokpatats genoem.
Hoewel hy al baie ondervinding met die groenteboerdery het, is dit die eerste keer dat hy só groot een uit die grond haal.
Nell gaan dié patat aan ’n tehuis in Stilbaai skenk.
Lees meer in dié week se uitgawe van Suid-Kaap Forum en aanlyn.
André Nell spog met sy 2,94kg “bloeddruk-patat”. Foto: Rina Snyman
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'