STILBAAI NUUS - Die musiek liefhebbers moet sommer noual 'n knoop in die sakdoek maak vir 31 Mei.
Die Stilbaai Sangers tree op in die Stilbaai Gemeenskapsaal en hulle gaan om die wêreld reis met pragtige koor- en sangmusiek.
Dit begin 19:00 en maak seker dat jy vroeg daar is anders gaan jy teleurgesteld moet omdraai voor 'n volgepakte saal.
Daar is slegs 'n sagte deurkollekte sodat hulle darem hulle onkostes kan dek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’