STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers het Vrydagaand 31 Mei die Gemeenskapsaal aan die brand gesing.
Hulle het die gehoor in 80 minute om die wêreld gevat en die een na die ander lied soos professionele sangers aangepak en uitgevoer.
Die koue en nat weerstoestande het sommiges by die huis gehou, maar die saal was nog steeds volgepak met musiekliefhebbers wat, soos Mike Steytler gevra het, die sangers tot groter hoogtes aangepor het met geesdriftige handeklap en voetestamp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’