STILBAAI NUUS - Die 40-jarige bestaansvieringe van Stilbaai Sakekamer vind plaas tydens hulle Algemene Jaarvergadering op 16 Julie om 18:30 by die Stilbaai Gholfklub.
Dit beloof om van hierdie jaarvergadering 'n spesiale geleentheid te maak waartydens vier dekades van sukses gevier gaan word en dit gaan ook 'n kykie gee van wat wag.
Om te netwerk is nie net 'n vinnige koppie koffie nie en daarom gaan die gasspreker se praatjie juis oor die kuns om te netwerk.
Bevestig so gou moontlik jou bywoning by stilbaaisake@gmail.com vir hierdied glansgeleentheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’