STILBAAI NUUS - Die gebou waarin Stilbaai-polisie die afgelope 40 jaar gehuisves word, het nie genoeg kantoorspasie gebied nie.
Die gebou behoort aan Hessequa-munisipaliteit, daarom het die stasiebevelvoerder, kapt. Johan van Tonder ‘n wyle gelede besluit om Johan Jacobs, wat toe nog die munisipale bestuurder was, te kontak en hulp gevra met die opgradering van die bouvallige afdakke agter die kompleks.
Volgens Van Tonder het hierdie verbeteringe net op die regte tyd gekom, omdat hulle ook 'n monitoringskamer vir die 45 sekerheidskameras in en om Stilbaai benodig.
Nog drie kameras word in die vooruitsig gestel, maar dit is 'n duur proses. Belangstellendes kan vir Archie van Dyk by 082 416 7279 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'