STILBAAI NUUS - Die immergewilde Stilbaai Parkrun het in sy 159ste wedloop weereens daarin geslaag om Saterdagoggend die 8ste Februarie meer as tien nuwe drawwers te laat wegspring.
'n Week gelede was daar 150 mense wat klaargemaak het en dan is daar nog steeds dorpe waar hierdie heerlike gesinspret oor vyf kilometer nog gladnie posgevat het nie.
Parkrun is die geleentheid waar mense van alle ouderdomme, van kinderstootwaentjies tot net voor rolstoel stadium teen hulleself meeding en jy kan selfs jou hond saamneem.
As jy dit nog nie beleef het nie kan jy gerus enige Saterdagoggend 08:00 tot by die parkeerplek voor die visvywers by die hawe kom en die pret beleef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’