STILBAAI NUUS - Suid-Afrika se top olyfolies is bekroon by ABSA se 2024 Top 10 Toekenningsgeleentheid by Grand Roche-landgoed in die Paarl.
Woensdag 16 Oktober se geleentheid het gevolg na die goue medalje wenners, wat verlede maand aangewys is, aan verdere beoordeling onderwerp is om die beste ekstra suiwer olyolies te kies.
Oudewerfskloof se Coratine(medium) en Kleinbergskloof se Family Reserve(medium) het die beoordelaars tot so 'n mate beïndruk dat hulle die Top 10 lys gehaal het.
Daar word nie 'n algehele wenner bekendgemaak nie, maar slegs die top 10 olyfolies in die land.
Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van SA Olive, Wendy Petersen, beklemtoon hierdie toekennings die uitnemende gehalte van die Suid-Aftrikaanse olyfoliebedryf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’