STILBAAI NUUS - Na aanleiding van 'n sosiale media plasing van vier mans wat 'n dame se motordeure helder oordag wou oopdwing by 'n stopstraat in Stilbaai het Suid-Kaap Forum 'n navraag gerig aan Stilbaai Polisie.
Die voorval het ongeveer 17:00 op 16 Mei plaasgevind by die stopstraat voor Steyn's en die betrokke dame was by die polisie Vrydagoggend 17 Mei.
Na hulle gesprek het dit geblyk dat daar 'n moontlike misverstand was en dat die vier mans nie die motor wou kaap nie.
Dit was eerder 'n geval dat hulle onder die indruk was dat die dame hulle 'n saamrygeleentheid aangebied het, wat nie die geval was nie.
Die polisie beskou die aangeleentheid as afgehandel en die klaer is ook tevrede met die uitkoms.
Alhoewel 'n mens te alle tye waaksaam moet wees is Stilbaai darem nog 'n veilige hawe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’