TUINROETE NUUS - Die jaarlikse George Wildman-galjoenderby wat vanjaar op 31 Julie plaasgevind het, lok gewoonlik baie hengelaars en vanjaar was geen uitsondering nie.
Hoewel hengelaars op Stilbaai redelik aan die skraps kant was, het meeste nader aan George en omgewing gaan hengel en 'n totaal van 422 is ontvang. Hengelaars kon vanaf Stilbaai tot by Nature's Valley kies waar hulle dink die meeste galjoen gaan loop.
André Olivier wat die tweede en sewende grootste galjoene uitgetrek het, sowel as Ruan Westraad wat die negende grootste galjoen en die swaarste ander eetbare vis uitgetrek het, is van Stilbaai-hengelklub.
'n Totaal van 80 visse was geregistreer: 62 galjoene, 12 kolsterte, twee elwe, twee belmanne, een mosselkraker en een zebra.
Uitslae
1. John May - 3.76kg (53cm); 2. André Olivier 3.71kg (52.7cm); 3. Adriaan de Bruyn - 3.65kg (52.5cm); 4. Shaun Ainslie - 3.42kg (51.5cm); 5. Henrico Lesch - 2.94kg (49cm); 6. H van der Watt - 2.85kg (48.5cm); 7. André Olivier - 2.75kg (48cm); 8. Benn - 2.58kg (47cm); 9. Ruan Westraad - 2.25kg (45cm); 10. 2.1kg (44cm).
Onder 10 kolstert: C Grundlingh - 0.27kg (21cm). Swaarste ander eetbare vis (mosselkraker): Ruan Westraad - 12.34kg (76cm).
'n Groep tevrede hengelaars, voor, van links: Corné Grundlingh, John May en Shaun Ainslie. Agter: K Fuchs, Adriaan de Bruyn, Henrico Lesch, André Olivier, Ruan Westraad, Bianca Kapp en Marco Marais.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'