STILBAAI NUUS - Alison Bryant het in haar voorsittersverslag tydens Stilbaai gemeenskapspolisieforum (GPF) se algemene jaarvergadering op Donderdag, 24 Februarie terugvoer oor hulle werksaamhede van die afgelope jaar gegee.
In 2021 is 17 veiligheidskameras installeer, om die totaal op 43 te bring.
Hierdie kameras is almal op strategiese punte en is 'n baie groot hulpmiddel om die polisie te help om hulle taak uit te voer.
In beplanning is die moontlike opgradering van die polisiestasie, oprigting van aparte ablusiegeriewe vir die hof en 'n hommeltuig om oë in die lug te wees, afhangende van beskikbare geld omdat staatsbefondsing slegs hulle bedryfsuitgawes dek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'