STILBAAI NUUS - Misdaadvoorkoming is en bly die hele gemeenskap se verantwoordelikheid.
Stilbaai-polisie het net eenvoudig nie die mannekrag om altyd oral te wees nie en daarom speel die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) 'n uiters belangrike rol.
Dinsdag 29 Oktober hou Stilbaai GPF hulle algemene jaarvergadering in die United Kerk aan die bopunt van Buitekantstraat en dit begin 18:00.
Alison Bryant, voorsitter van die GPF, vra die inwoners om asseblief die vergadering by te woon om sodoende op hoogte te kom van hulle werksaamhede en ook om onsekerhede uit die weg te ruim.
Navrae kan gerig word aan Elize Claassen by die Stilbaai-polisie en die e-pos adres is stillbay.sc@saps.gov.za.
Skakel haar ook gerus by 028 754 6100 of 081 270 1883.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’