STILBAAI NUUS - Met die geweldige groei wat Stilbaai die afgelope paar jare ervaar het en soos wat tye verander, is nuwe inwoners nie altyd bewus van die amptelike naam van hierdie kusdorp nie.
Met die registrasie van die Stilbaai-dorpswapen by die Buro vir Heraldiek, is die naam ‘Stilbaai’ in Afrikaans sowel as Engels geregistreer.
Die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad (SAGNC) het egter bevestig dat beide die name ‘Stilbaai’ en ‘Still Bay’ aanvaarbaar is, maar dat ‘Stilbaai’ verkieslik gebruik word vir amptelike doeleindes.
Sien ondergenoemde gedeelte soos aangehaal uit die “Dictionary of Southern African Place Names” deur dr. PE Raper.
“Still Bay (C 3421 AD). Seaside village and holiday resort 79 km south-east of Riversdale, at the estuary of the Kafferkuils River which forms the bay of the same name. The township was proclaimed in 1962 and attained municipal status in 1966. The name refers to the calmness of the water in the bay. The form Stilbaai is preferred for official purposes.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’