RIVERSDAL NUUS - Die pragtige dorp Riversdal, is as ’n Wes-Kaapse halfeindronde-deelnemer in die gewilde Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2026 aangewys.
Die dorp met die meeste stemme sal die provinsie in die eindronde verteenwoordig.
Kwêla sal intussen beeldmateriaal by elk van die nege dorpe wat tot die volgende ronde deurgedring het, verfilm.
Sodra al nege dorpe op die program verskyn het, sal die publiek weer in Julie kan stem om die algehele wenner aan te wys.
Die gemeenskap word nou aangemoedig om hul steun te wys en te verseker dat Riversdal as die Wes-Kaap se wenner gekroon word.
Só kan jy stem:
SMS die woord RIVERSDAL na 33157
Elke SMS kos R1,50
Maksimum van 30 SMS’e per nommer
Gratis SMS’e tel nie
Stem sluit Vrydag 17 April om 12:00
Riversdal spog met talle eienskappe wat dit ’n waardige wenner maak.
Die dorp is bekend vir sy ikoniese Sleeping Beauty-berg, vriendelike inwoners, gewilde koffiewinkels en eetplekke, asook uitstekende skole en dienslewering.
Dit is ook strategies geleë langs die Tuinroete en beskik oor ’n bekroonde wynplaas en bekende vulstasies.
Gemeenskapslede word aangemoedig om saam geskiedenis te maak en die titel na Riversdal te bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’