HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 1,4 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet en het die damvlak 'n effense daling getoon.
Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly, buiten die Olive Grovedam in Stilbaai wat met 5% gedaal het.
Die stand van damme oor die afgelope twee weke is soos volg:
1 Augustus
- Korentepoortdam - 95%
- Duivenhoksdam - 100,3%
- Olive Grovedam - 58%
- Jongensfonteindam - 100%
10 Augustus
- Korentepoortdam - 94%
- Duivenhoksdam - 100,3%
- Olive Grovedam - 45%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'