HESSEQUA NUUS - Anwyn's Acro Dance Academy van Riversdal en Stilbaai het die eindronde vir kykNET se Dans in jou Taal gehaal.
Die groep het reeds op 1 Februarie ingeskryf en op Woensdag 18 Julie in George deelgeneem. Met die hulp van die publiek se stemme, is hulle deur na die eindronde wat Vrydag 31 Augustus in Pretoria plaasgevind het.
Met hierdie geleentheid het hulle 'n spesiale toekenning ontvang vir die groep met die beste vordering. Hul afrigter, Anwyn Winterbach het gesê: "Ons was verheug oor die toekenning en ons het dit gekry omdat ons met meer as 20 % verbeter het.
"Vir ons is dit uitstekend omdat dit die eerste keer is wat ons inskryf. Die kiddies was puik en ek is in my element en so trots. Ek sê dankie aan die Hemelse Vader vir hierdie amazing geleentheid en talent."
Hulle het vir die oop kategorie ingeskryf omdat dansers in dié groep, bestaande uit 16 dansers, tussen die ouderdom van 5 en 17 is.
'n Verheugde groepie dansers saam met hul afrigter nadat hulle die spesiale toekenning ontvang het.
Elke danser en die afrigters bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning.
Die afrigters, Winterbach en Claire van Tonder, het besluit om vier danse te kombineer waaronder ballet, kontemporêr, hip-hop en akro. Verskeie besighede en die gemeenskap het die dansers ondersteun deur te help om geld vir reiskoste in te samel.
Elke danser en die afrigters bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'