Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Matla A Bana, wat ‘krag van die kinders’ beteken, bereik meer as 30 000 kinders per jaar.
Die organisasie, wat deur Monique Strydom tot stand gebring is besoek laerskole landwyd om leerders van gr. 3 tot 7 van die gevare van seksuele misbruik van kinders bewus te maak en hoe om dit te vermy.
Strydom is saam met haar man Callie en ander mense in 2000 vier maande lank deur ’n Al Qaeda-sel in die Philippyne gyselaar gehou.
“Ek het elke dag met die vrees van verkragting saamgeleef,” het sy vertel toe sy en haar ExtremeforKids-fietsryspan Vrydag 6 Maart Panorama Primêre skool op Riversdal besoek het.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'