HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het lesers hulle mening gevra oor drankverkope tydens die inperkingstydperk.
Hieronder is 'n paar lesers se opinies:
Johnny Kleinhans van Melkhoutfontein: Ek dink die drankwinkels moet toe bly, want nou is die mense baie rustig. As die drankwinkels oopmaak gaan dit weer deurmekaar wees in die gemeenskappe van Suid-Afrika en niemand gaan verder aan die inperkingreëls gehoor gee nie.
Gerty Roman van Melkhoutfontein: Ek dink dis belangrik dat drankwinkels toe moet wees in die tydperk. Die drinkers gaan nie aan kos dink nie, hulle sal eers drank koop omdat hulle verveeld by die huis is.
Gerty Roman
Dougie Cramer van Stilbaai: Dis ’n goeie ding dat drankwinkels gesluit is en hulle moet gesluit bly vir die volle duur van die inperking.
Dougie Cramer
Jonathan Tarentaal van Riversdal: Ek wens die drankwinkels wil nou weer oopmaak.
Jonathan Tarentaal
Francis Groenewald van Stilbaai: Ek dink drank moet geleidelik weer beskikbaar word. Klante kan beperk word in die hoeveelheid wat hulle op een slag mag koop.
Francis Groenewald
Suzette Acker van Riversdal: Ek dink dis goed dat die verkoop van alkohol tydens die inperking verbied word, maar 'n glasie wyn sal darem lekker wees!
Suzette Acker
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'