STILBAAI NUUS - Sestig senior burgers van Melkhoutfontein het gelukkig vroegtydig bespreek vir die busrit Calitzdorp toe, want die aanvraag was veels te groot om almal te akkommodeer.
Die opgewondenheid was groot toe hulle op die bus klim en hulle het die tyd vinniger probeer omkry met hulle geskerts en grappies maak.
In Calitzdorp aangekom het die manne en vroue, gewapen met groot houers en skerp snoeiskêre, die wingerde van De Krans ingevaar op soek na die grootste en soetste hanepoot druiwe en hulle is nie teleurgestel nie.
Al te gou was hulle houers gevul met die heerlikste trosse druiwe en die terugtog Melkhoutfontein toe is aangepak, terwyl elkeen met smaak vertel het wat hulle met hulle druiwe beoog.
Sommiges het sommer alreeds met die terugtog hulle plek op die bus bespreek vir 2026.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’