MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Soetfontein Senior Burger Klub van Melkhoutfontein het hulle jaareindfunksie by Kasselshoop gehou.
Sers. Chrissie Lewaks van Stilbaai-polisie hulle toegespreek oor geslagsgebaseerde geweld en almal 'n geseënde feestyd toegewens en hulle bedank vir hulle toewyding om hand aan hand met die polisie te werk.
Sy het ook die Blombos Apteek bedank vir die geskenkies.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'