RIVERSDAL NUUS - Willem Botha, die bekende en gewilde Riversdal-boorling, het sy 37ste verjaardag vandeesweek in Mauritius gevier.
“Wat ‘n opwindende bederf!” klik hy aan Suid-Kaap Forum. “World Leisure Holidays en die Sugurbeach-hotel het my met hul gasvryheid oorweldig. In my kamer was daar ‘n ‘verjaardagkaartjie’ uit die oord se dryfhout geskep.
Ek was omring deur ballonne en geskenke en is boonop van kop tot toon ‘ge-massage’ en ‘ge-groom’. Ek het die mooiste en lekkerte sjokolade-verjaardagkoek gekry en is met ‘n gourmet-maaltyd op die strand bederf!”
Willem is ‘n oud-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale. Hy het hom sedertdien as ‘n suksesvolle entrepreneur gevestig en welslae as ‘n bekwame sanger, akteur, TV-aanbieder, fotograaf en skoonheidskundige verwerf.
“Ek sal dié Mauritius-ervaring nooit vergeet nie en ek gun dié geskenk aan myself, maar ek mis regtig my geboortedorp en my geliefde mense!” erken Willem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’